Christine van Wyk-Toere het in 2010 sowat 750 Suid-Afrikaners oorsee geneem om van die mooiste plekke in Europa en Rusland te sien. Een van talle hoogtepunte was 'n besoek aan Oberammergau vir die bywoning van die Passiespel, 'n indrukwekkende aanbieding van die lewe en dood van Christus.
In 2011 het ons byna 500 Suid-Afrikaners oorsee geneem. Byna die helfte van hulle het die voorreg gehad om die internasionaal bekende Andre Rieu in sy tuisstad, Maastricht, te sien optree. Dit was 'n onvergeetlike belewenis! So ook was 'n besoek aan die Chelsea-blommeskou in Londen.
Baie dankie aan elkeen wat op een of meer van ons toere saamgegaan het. Dit was vir ons 'n voorreg om u te ontmoet en oorsee te neem. Ons vertrou dat u in die toekoms weer saam met ons sal reis.
Toergroete
Franita Botha
Besturende direkteur
Christine van Wyk-Toere