TOERE 2018
Ons bring die wêreld aan u voete met elke besondere roete
meer as 30 jaar ervaring in hierdie veld waarborg ongelooflike waarde vir geld!
Alle pryse sluit vliegkaartjies en 2 etes per dag (3 etes op alle bootvaarte) in.
U toer se kwaliteit is ons prioriteit
Klik op die toer vir volledige inligting.

 

*Sien Nadere Besonderhede onder elke toer vir verpligte uitgawes


 

 

Rigoletto Nuut 2

RYNVAART: 02 – 16 Mei (Opsie A)
Prys: R43 460, plus *verpligte uitgawes van ± R7 000.
Kombineer die rustigheid van 'n bootvaart op Europa se grootste rivier van Amsterdam tot in Basel, met die blommeprag van die wêreldbekende Keukenhof. Gedurende die bootvaart meer ons vas by stede langs die Ryn en die Moesel en besoek ons talle besienswaardighede. Dan volg die romantiese roete op die Ryn met sy talle kastele en hul legendes en 'n daglange bustoer deur die pragtige Swartwoud. Dis 'n ontspanne toer met drie uitstekende maaltye per dag en volop geleentheid om met nuwe vriende te kuier.

 

  RYNVAART EN SWITSERLAND: 02 – 25 Mei (Opsie B)
Prys: R62 750 plus verpligte uitgawes van ± R8 770
Hierdie is 'n kombinasie van twee toere: Rynvaart (Opsie A hier bo) en Switserland (Opsie C hier onder).

 Jungfrau Berg 2

SWITSERLAND: 14 – 25 Mei: (Opsie C)
Prys R32 760, plus *verpligte uitgawes van ± R7 500.
Nege nagte in die luukse Blüemlisalp Hotel in die Alpedorp Beatenberg bokant Interlaken, met 'n sprokiesmooi uitsig oor die Thun-meer na van die mooiste berge in Switserland. Daar is opsionele uitstappies na die gewildste besoekpunte, oa na die Jungfrau, Schilthorn, Zermatt en Luzern wat fyn beplan word volgens die weerstoestande van elke dag.
Kaart Roemie Bulgarye 

ROEMENIË EN BULGARYE: 17 Mei – 01 Junie
Prys R38 950, plus *verpligte uitgawes van ± R8 340.
Hierdie twee Oos-Europese lande is kultuurskatte met eeue-oue tradisies. Pragtige natuurtonele en talle besienswaardighede vorm deel van hierdie reis. Roemenië alleen spog met 25 plekke wat deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys is. Een van die plekke wat ons besoek, is die legendariese Dracula-kasteel met sy geheimsinnige verlede. Om in die ou stede se keisteenstegies te wandel, plaas 'n mens terug in vervloë tye.

 

Verdi

DONAU/PRESTIGE-TOER  (Per bootvaart en bus):
27 Mei - 10 Junie
Prys: R44 850, plus *verpligte uitgawes van ± R7 550.
Bootvaart van Boedapest na Passau. Vertoef 'n nag in Boedapest, onderneem 'n stadstoer en besoek Szentendre in die Hongaarse platteland. Van Boedapest af vaar die boot rustig op die Donau-rivier na Passau, met uitstappies by verskeie dorpies en stede op die roete soos Bratislava, Wene, Dürnstein en Melk. Vanaf Passau word die toer per bus voortgesit. U kuier twee dae in Praag, die stad wat soms as die Goue Stad beskryf word met sy besondere atmosfeer en sjarme, en twee dae in die pragtige musiek-stad Salzburg.

 

 Vrijthof Maastricht

NEDERLAND, BELGIË EN ANDRÉ RIEU-KONSERT:
30 Junie - 12 Julie
Prys: R44 650, plus *verpligte uitgawes van ± R7 670.

Die toer begin in Amsterdam. Die boot vaar daarvandaan na die Ysselmeerdorpe Hoorn, Enkhuizen, Stavoren en Urk en dan na die windmeul-dorp Kinderdijk en die diamantstad Antwerpen. Van Antwerpen af vaar die boot na Maastricht, waar ons die wêreldbekende violis Andre Rieu in sy tuisstad sien opotree. Dis een van talle hoogtepunte van die toer. Van Maastricht vaar ons na Mook, waar ‘n verrassingsuitstappie op ons wag. Die volgende dag ontskeep ons in Arnhem en ry per bus oor Utrecht na die Schiphol-lughawe, suid van Amsterdam, vir die terugvlug na Suid-Afrika.

 

mosc38z

RUSSIESE BOOTVAART: 30 Mei - 11 Junie
Prys: R33 380, plus *verpligte uitgawes van ± R6 220.
'n Bootvaart op Rusland se beroemde waterweë van Moskou na St Petersburg. Ontspan op 'n drywende hotel. Besoek in Moskou die Kremlin, die indrukwekkende Rooiplein en die wêreldbekende ondergrondse treinstasies. In St Petersburg besoek ons die weeldepaleise van die tsaars, Peterhoff met sy goue fonteine en pragtige tuine, die onvergelyklike Hermitage-museum met Rembrandt se Verlore Seun.

 

 Noorwee fjords 2

SKANDINAWIË: 23 Julie - 09 Augustus
Prys: R76 720, plus *verpligte uitgawes van ± R7 820.
Finland, Swede, Noorweë en Denemarke – 'n ongelooflike wêreld van fjorde, gletsers, sneeubedekte berge en asemrowende bergpasse. Die toer sluit verskeie bootvaarte in, 'n besoek aan 'n gletser, 'n onvergeetlike retoer-treinrit van Flam na Myrdal, die Noorse Lapland en die middernagson by Noordkaap! Hierdie is 'n luukse toer met onvergelykbare hoogtepunte!

 

Dubrovnik KROASIË EN SLOWENIË: 02 – 18 September
Volledige besonderhede binnekort beskikbaar
Die pragtige natuurskoon van Kroasië se meer as 1 100 eilande, onbeskryflike parke en antieke stede, gekombineer met Slowenië se betowerende mere is belewenisse wat 'n mens altyd bybly. Een van die hoogtepunte op dié toer is 'n besoek aan die Plitvice Nasionale Park met altesaam 16 kristalhelder mere wat met sowat 66 watervalle verbind is. Ons besoek ook die Krka Nasionale Park. Die antieke ommuurde stad Dubrovnik laat 'n onvergeetlike indruk. In Slowenië verken ons per elektriese trein een van die grootste en indrukwekkendste grotstelsels ter wêreld.
Alaska 

 

BOOTVAART NA ALASKA EN BUSTOER NA KANADESE ROCKIES:
06 – 26 September
Volledige besonderhede binnekort beskikbaar
Luuksheid in die oortreffende trap – dis wat hierdie bootvaart langs die weskus van die VSA bied. Die besigtiging van majestueuse ysberge, eeue-oue gletsers en karaktervolle dorpies in Alaska is van die hoogtepunte van die toer. Ons ry ook per bus deur die asemrowende Kanadese Rotsgebergte met talle berge, mere en diep klowe. Ons besoek oa Vancouver, Victoria, Whistler en Calgary.

Lisbon 

 

PORTUGESE PLATTELAND: 10 – 26 September
Prys: R52 450, plus *verpligte uitgawes van ± R7 940.
Hierdie gewese seevaardersland bied baie meer vir die toeris as net die hoofstad, Lissabon. Ons reis per bus na die pragtige platteland wat 'n bekoring van sy eie het en sien en besoek eeue-oue dorpies met smal keisteenstraatjies en klein huisies. In baie gevalle is die leefwyse nog tradisioneel en word ambagte soos in vervloë dae beoefen. Onder die plekke wat ons besoek, is verskeie Unesco-wêrelderfenisgebiede. Aangesien 'n kleiner bussie nodig is om op die kleiner paadjies te ry, kan ons net 'n beperkte aantal persone saamneem.


 Nice

 

FRANSE PLATTELAND: 15 September - 02 Oktober
Prys: R64 700, plus *verpligte uitgawes van ± R8 120.
Die toer begin in Nice in suidwes-Frankryk. U besoek verskeie kleiner dorpies in die pragtige Franse platteland asook geskiedkundige stede soos Avignon en Nantes. U sien eeue-oue kastele, verskeie Unesco-wêrelderfenisgebiede en proe van Frankryk se bekendste wyne. Die toer eindig in Parys met 'n stadstoer van hierdie romantiese stad. Ons neem slegs 10 persone op hierdie unieke toer.

 

 Kersfeesmark Keulen EUROPESE KERSFEESTOER: 13 – 27 Desember
Prys in Februarie 2018 beskikbaar
Hierdie unieke toer kombineer 'n bootvaart op die Rynrivier, 'n bustoer deur die Swartwoud en vyf nagte se luukse verblyf in die Switserse Alpe. Ons vaar van Rotterdam in Nederland tot by Bonn in Duitsland en beleef onderweg van die mooiste Kersmarkte by die plekke waar ons vasmeer. Ons oornag in die pragtige Middeleeuse dorpie Bernkastel op pad na Titisee-Neustadt in die hart van die Swartwoud, waar ons vir twee nagte tuisgaan. Die Kersfeestoer word in Beatenberg in die Switserse Alpe afgesluit. Twee daguitstappies vanaf Beatenberg na gesogte Switserse toeristebestemmings asook 'n spesiale Oukersaandete word by die toerprys ingesluit. (Gedurende die bootvaart in Nederland en Duitsland word drie etes per dag voorsien en vir die res van die toer daagliks 'n uitgebreide ontbyt en aandete.)

           

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

· 

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save


Terug