Terugvoering

 

 

  Hier is 'n paar uittreksels uit dankbriewe wat ons ontvang het en ook 'n paar foto's van toerlede:

'n Groot dankie vir die heerlike 12 dae wat julle vir ons gereël het in Rusland.  Dit was voorwaar vir ons 'n voorreg om saam met julle te toer.  Ek moet julle werklik komplimenteer met julle noukeurige reëlings van alles......tot die verduidelikings van hoe 'n mens inweeg en alles wat op die lughawens gebeur.
Andrei Heys  - Bloemfontein

Ons wil graag dankie sê vir 'n onvergeetlike toer deur Skandinawië.  Daar was soveel oomblikke wat 'n mens nie op kamera kan vaslê of vir iemand kan oorvertel nie.  Die natuurskoon daar is asemrowend.  Ook 'n groot dankie aan die toerleiers vir die omgee en die verantwoordelikheid wat hulle elke dag moes dra.  Dit was ons sesde toer saam met julle en weereens was al die reëlings puik en het ons al die ekstras en moeite raak gesien.
Estiènne en Lynette Swart - Goodwood

Dankie vir die tydjie in Ysland en vir al die detail beplanning en implementering van raad oor die toer, die visum aansoeke, voorbereiding vir die lughawe prosedures, ja sommer vir alles wat dit vir ons opwindend en maklik gemaak het.
Japie en Marlene Schoonraad - Ifafi

Baie dankie vir 'n WONDERLIKE Andre Rieu-toer wat ek kon meemaak.  Alles was so puik georganiseer, die hotelle was almal so goed, die kos was so lekker, ons het so lekker bus gery en die besoeke aan die ou stede in Nederland en België was so ongelooflik.  En natuurlik die konsert in Maastricht!!  Julle is tops!!!
Petro Truter – Bellville

Dankie vir 'n wonderlike Ryn- en Switserland-toer gedurende April en Mei 2104.  Alles het so goed verloop en ons het elke dag geweet waarheen ons gaan en wat ons gaan beleef.  Die inligting wat aan ons deurgegee is voor en tydens 'n bustoer was insiggewend en baie volledig.  Die Ryntoer was fantasties, maar die Switserland belewenis was vir ons onbeskryflik.  Ons het nooit geweet dit is werklik so mooi nie en die groen, ai tog hoe verlang ons nou daarna hier waar ons in die vaal en doodgerypte Johannesburg sit.
Coen en Julie Havenga - Johannesburg

'n Woord van waardering vir ons ongelooflike verblyf op die boot.  Die toer Rusland toe is 'n ervaring wat moeilik is om te beskryf omdat dit alle verwagtinge oortref het en die feit dat die hele boot Christine van Wyk toerlede was het bygedra tot 'n heerlike ervaring.  Een van die groot voordele om met 'n Christine van Wyk toer te gaan is die kwaliteit mense wat jy op die toer ontmoet.
Pierre en Charlotte Davis - Silverton

Ons wil net baie dankie sê vir die heerlike Andre Rieu-toer, die lekker gesels en al die bederfies, ons waardeer dit opreg.  Dit was 'n voorreg om saam met julle te kon wees.  Baie dankie ook aan almal wat bygedra het tot die reëlings, dit was puik!!
Johan en Stella Labuschagne – Randfontein

DANKIE, DANKIE sê vir die ongelooflike lekker Skandinawië toer wat julle almal by Christine van Wyk-Toere vir ons moontlik gemaak het!  As ek so na die foto's kyk, kry ek die gevoel "was ek rêrig daar en het ek die foto's geneem?"  Die puik organisasie, ons voortreflike (nee, gawe en gemaklike) toerleiers en 'n onoortreflike toerprgram – njammies, njammies!!  Aan almal by CvWyk-toere, grootste dank – jule firma ken jul storie en ek verkondig dit wyd en syd!
Rina Cilliers - Sherwood

Ons wil julle bedank vir die wonderlikste toer in ons lewe.  Ek en Marie het baie gereis in ons lewe, maar geen oorsese toer so geniet soos die Ryn en Switserland toer nie.  Alles was so wonderlike georganiseer vanaf die bespreking, die vlugte, die visums en alles op die toer, dit was net absoluut wonderlik.  Ons het nooit gewonder wat gaan gebeur nie, ons was altyd op hoogte gehou van die program en presies geweet wat ons wanneer gaan doen.  Ons was al voorheen in omtrent al die dorpe en stede waar ons aangedoen het, maar het nooit geweet van wat daar alles te sien is nie, baie dankie daarvoor.  Die kennis van die toerleiers was ongelooflik en dit was duidelik dat daar baie moeite gedoen is om die toer so interessant as moontlik te maak.  Die boot en die hotel was vyfstergehalte en die kos was uit 'n ander wêreld, kortom alles was perfek!.  Die beste van alles was ons medetoerlede.  Ons het nog nooit so 'n groep aangename mense bymekaar gesien nie.  Almal was altyd vriendelik en behulpsaam en almal was ons mense.  Ons het wonderlike vriende gemaak wat ons nooit sal vergeet nie.
Peet en Marie de Villiers – Drie Riviere

Die Kroasië en Slowenië-toer het ons stoutste verwagtings oortref; deels omdat die lande betreklik onbekend was maar veral weens die puik beplanning wat die toer voorafgegaan het.  Die inligting in die reisgidse was van onskatbare waarde om die toerbelewenis te verhoog.  Ons opregte waardering aan die toerleiers vir die wyse waarop hulle leiding gegee het en die bekwame wyse waarop hulle die toerlede hanteer het.  Dit was 'n toer wat ons nog vir lank in herinnering sal roep.
Tonie en Rita Viljoen – Wonderboom, Pretoria Noord

GROOT DANK vir julle besonderse bydrae tot 'n onbeskryfbate ervaring wat ons sam met julle kon beleef in Rusland.  Dit was ons eerste ervaring op 'n georganiseerde toer en dit was baie positief.  Ons besef baie goed dat die toerleiers 'n baie groot rol speel om van 'n toer 'n sukseseravring te maak en ons was bevoorreg om mense soos julle te kon gehad het om die "geheimenisse" van Rusland vir ons oop te sluit en te help ontdek.  Dankie vir julle sorgsaamheid en altyd met 'n glimlag, julle het ons gewone mense spesiaal laat voel – doet so voort – julle dra 'n boodskap oor wat blywend is.
Japie en Ronel Smit – Pretoria

Ons wil julle bedank vir 'n wonderlike avontuur!  Ons was al saam op toer met 'n hele aantal toerinstansies, maar julle organisasie voor en tydens die toer, asook die hele pakket se aanbieding staan kop en skouers uit bo die ander.  Welgedaan en baie, baie dankie!
Peet en Gerda Venter – Evander

Die Donau en Prestige Toer is regtig 'n heerlike toer!!  Ons het soveel mooi dinge beleef, dat jy nie anders kan as om dit net te geniet nie.  Ek wil julle gelukwens met die reëlings en met die moeite wat julle doen om dit vir ons so aangenaam moontlik te maak.  Ons beveel die toer ten sterkste aan en sal selfs weer daarop kon gaan.
Tienie en Martie de Wet – Pretoria

Graag wil ek julle hartlik bedank vir 'n wonderlike toer na Rusland.  Ek kon nie glo dat dit menslik moontlik is om so 'n toer te reël sonder enige haakplek nie!!  Hartlik geluk!
Ina van der Svhyff – George

'n Groot BAIE DANKIE vir hierdie grootste meelewings-ervaring.  Die Rusland-toer is beslils een van die hoogtepunte in my rondreise.  Van die groep medereisigers tot al die reëlings kry julle vyf sterre.  Dit was lekker om op te staan met die wete alles is gereël en in plek.  Die gidse was ook almal puik.
Adri van Niekerk – Paarl

My onlangse toer saam met julle na Italië was voorwaar net lekker!  Ek kan net met lof van die toer praat en die toerleier het hom uitstekend van sy taak gekwyt.  Sy kennis wat hy met ons gedeel het en die manier waarop hy almal oor die algemeen hanteer het, is prysenswaardig.  Ek sien uit na my volgende toer saam met julle!!
Barbara Emmerich – Pretoria

'n Baie opregte dankie aan almal wat deel gehad het in die reëlings om vir ons 'n fantastiese Italië toer saam te stel en te organiseer.  Dit was werklik 'n voorreg om al die mooi en interessante plekke in Italië te sien en beleef.  Dit was so lekker om nuwe toervriende te maak.
Kose en Valerie van Heerden – Durbanville

Ons kan die toer na Brittanje met net een woord beskryf: fantasties – alles was goed gereël en in plek.  Ons al weer saam met julle wil toer
Henry en Cathie Dixon - Kathu

'n Wonderlike ervaring saam met Christine van Wyk-Toere!  Die Russiese bootvaart en toere in St Petersburg en Moskou en die klein dorpies op pad het alle verwagtinge van my oortref en my persepsie van die Russe is nou totaal anders  en ons het so tuis daar gevoel.  Wat 'n pragtige land van water en woude!
Ida de Wet – Stellenbosch

We would like to express our grateful thanks for what must have been our best holiday ever.  We never dreamed that an organised tour could be so wonderful.  We cannot commend too highly the organisation and presentation of the tour – accommodation and service at both hotel and boat were outstanding, the tours were wonderfully managed and we at no time felt rushed or under pressure.  If we are ever fortunate enough to undertake an organised tour, it will only be with Christine van Wyk Tours!!
Jim and Joan Douglas – George

'n Mens kan nie in woorde die onvergeetlike ervaring beskryf nie.  Ja, 'n mens kan op 'n boot vaart gaan en mooi dinge sien, maar dit was nie 'n boot toer nie!!  Dit was meer as dit – dit was 'n ervaring van eenheid, vriendskap, geselligheid en liefde.  Dit was vir 'n paar weke 'n ervaring van hemel op aarde!
David Rowles – Kampsbaai

Baie dankie vir 'n besondere vakansie.  Ek is jammer dat ek Christine van Wyk-toere nie lankal reeds ontdek en ondervind het nie en sal in die toekoms graag weer saam met u gaan.
Pieter en Esmé de Jager – Lynwood Manor

Ek was al op heelwat toere en nog nooit het ek julle gelyke teëgekom nie.  Die organisasie en reëlings was uit die boonste rakke.  Baie dankie vir die vriendelike diens gelewer.
Mirrie Grobler - Bellville

Ons het net komplimente vir die toer wat ons meegemaak het.  Dit was 'n wonderlike ondervinding om die skepping van God op so 'n ontspanne en tydsame wyse met ons oë en ore te ondervind.  Baie dankie!  Die vooraf beplanning, voorbereiding en reëlings het soos 'n glad geoliede masjien geloop.
Loutjie en Jeanette Scheepers – Delmas

Wonderlik, wonderlik, wonderlik!!  Dis al wat ek kan sê!  Saam met almal het dit gevoel soos een groot fees saam met familie.  Baie dankie vir julle dat alles so glad verloop het en dat niks oorgesien is nie.  Die reëlings was soos al die ander toere puik!  (Tweede Ryntoer)
Mariet Meyers – Protea Park

Ons eerste ervaring van Christine van Wyk-toere was onvergeetlik!  Die Afrikaanse atmosfeer, Christelike aanslag en boere vriendelikheid maak u toere baie spesiaal.  Ons sal sommer al u toere wil meemaak!
Dirk en Hendrika Lourens – Vaalpark

Weer eens my opregte dank vir 'n baie aangename toer wat deurgaans baie goed georganiseer was.  Julle het die wonderlike vermoë om deurgaans aandag aan almal te gee en niks is vir julle ooit te veel moeite of neem te veel tyd in beslag nie.  DANKIE!
Ria Klingenberg –George

Net om dankie te sê vir die wonderlike toer wat ons kon meemaak.  Dit was werklik ongelooflik – die wonderlike weer met die pragtige natuurskoon.  Wat ons veral waardeer het, was die moeite wat die toerleiers gedoen het om almal se behoeftes te akkommodeer, daardie ekstra wat ons nie by vorige toere ondervind het nie.
Johan en Christa Strydom – Krakeelrivier

Dit was die bes georganiseerde toer waarop ek nog ooit was.  Ek het elke oomblik geniet.
Susan du Preez – Pongola

Dit was 'n wonderlike, onvergeetlike vakansie.  Ek kan eintlik nie in woorde beskryf wat dit vir my beteken het nie.  Baie dankie vir julle harde werk, julle warmte en omgee.
Elria van Wyk - Somerset-Wes

Baie dankie vir 'n wonderlike toer.  Dankie vir 'n puik georganiseerde toer wat van die hoogste kwaliteit ter wêreld is.  Dit was 'n onvergeetlike besoek aan Switserland.  Die Eiger, Mönch en Jungfrau, ook Schilthorn, is prentjiemooi.  Ek sal dit nooit vergeet nie!
Marina Huysamen – Strand

Hierdie weeldetoer van die hoogste gehalte moet sekerlik een van die toptoere ter wêreld wees.  Van slaap tot eet tot toepaslike inligting, tot tydsindeling, alles perfek en goed beplan.  'n Vyfster-ervaring!
Rassie en Ella van Niekerk –  Erasmuskloof, Pretoria

Ons eerste toer oorsee. Was een groot plesier, aangesien dit so goed georganiseer was. Veels geluk met 'n goeie toermaatskappy! 100%!
Pieter & Magriet Swart – Swellendam

Dit was 'n wonderlike toer en ek wil besondere dank betuig aan die toerleiers wat my so geduldig gehelp het toe ek hulle nodig gehad het.  Fantastiese toer, toerleiers en lekker vriende wat gemaak is
Chris & Adri van Straten – Pinetown