Christine van Wyk-Toere is 'n gesinsonderneming wat langer as 30 jaar met gehaltediens duisende Suid-Afrikaners op onvergeetlike toere na van die mooiste wêrelddele neem.

Die Maatskappy is gestig deur Christine van Wyk, dinamiese vrou van ds Albertus van Wyk, wat ná haar aftrede op 65-jarige ouderdom die fondament gelê het vir die maatskappy wat vandag 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het.

Haar dogter Franita Botha het haar as besturende direkteur opgevolg en bestuur die maatskappy nou saam met haar broer, vyf susters en 'n administratiewe personeel van vyf.

Al sewe kinders is ervare toerleiers wat deur die jare die reputasie opgebou het dat hulle die persoonlike behoeftes van elke toerlid op die hart dra. Daarvan getuig die honderde dankbriewe van mense wat al saam met ons getoer het.

Stigter:
Christine van Wyk

ChristinevanWyk


Christine het as Direkteur van die Maatskappy vir Europese Immigrasie vir 14 jaar, diep spore getrap om die weg te baan vir duisende immigrante uit verskeie Europese lande. Deur al haar inisiatiewe en lidmaatskap van buitelandse kultuurorganisasies, het sy in 1981 'n Staatspresidentstoekenning ontvang vir haar bydrae tot die bevordering van kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland. Sy het op verskeie streeks- en provinsiale vroue-rade gedien en was 'n lid van die eertydse Federale Vroue Raad.

Sy het weens 'n interessante sameloop van omstandighede sedert 1980 en as konsultant van KLM, toere begin aanbied. Haar wye kennis, toewyding, liefde vir mense en positiewe verhoudinge wat sy met mense uit baie lande opgebou het, was die fondament waarop sy met toere meer as 30 jaar gelede begin het. Haar ryke ervarings en belewenisse het van haar 'n besondere toerleier gemaak. Haar passie "dat ander dit ook moet beleef" het soos suurdeeg op haar nageslag deurgewerk...

In 1994 het sy die maatskappy Christine van Wyk-Toere gestig. In April 2008, op 90-jarige ouderdom, gee sy die bestuur van die maatskappy oor aan haar sewe kinders. Haar tweede oudste dogter, Franita Botha, het die leisels as Besturende Direkteur oorgeneem, met die res van die kinders wat almal betrokke bly.

Sy was getroud met Bertus van Wyk, 'n emeritus predikant wat in 2013 oorlede is op die ouderdom van amper 101 jaar. Sy is op 19 April 2015 in die ouderdom van 97 oorlede.

Ontmoet ons Personeel

Voltydse Personeel:
Franita Botha - Besturende Direkteur
Magda Barnard - Finansiele Bestuurder
Daleen Coetzee - Administratiewe Beampte
Sanet van Rooyen - Kommunikasie-beampte
Irene Masobela - Kantoorhulp

Deeltydse Personeel:
Mareli Louw

 

 

 

 

Save