Dienste wat ons lewer met 'n toer:

 

Keukenhof1

Ons maak seker dat u bv Europa se pragtige stede en ook intieme klein dorpies, sowel as die ongelooflike natuurskoon behoorlik kan besigtig en geniet en die vreugde ervaar om nuwe en vreemde plekke werklik te beleef. Daar is genoeg afwisseling tussen besigtiging van besienswaardighede, besoeke aan groot stede asook die platteland, vrye tyd en die keuse van ander aktiwiteite volgens elkeen se persoonlike smaak.

Thun met Hotel

Ons gebruik hotelle van hoogstaande gehalte en diens. Spesiale pryse word aangebied by sekere hotelle waarmee ons al jare deel. Twee uitgebreide etes per dag word by die hotelle aangebied en drie etes op die boot met koffie en tee tussenin.
Ervare toerleiers/gidse wat deurgaans sinvolle en interessante inligting verskaf, vergesel die groepe en kan enige krisis hanteer.

Toergroep1

Die busdiens wat gebruik word, lewer diens van hoogstaande gehalte en gebruik luukse busse met die nodige geriewe: gemaklike rug- en armleunings, kopstutte, beenruimte, lugversorging, groot vensters en toiletgeriewe. Ons busbestuurders is gewoonlik baie bekwaam, vriendelik en behulpsaam.
Aangesien die meeste van ons toerlede gewerf word op aanbeveling van vorige toerlede, is ons groepe redelik homogeen en kan 'n gemoedelike atmosfeer soveel makliker geskep word. Daarom is een van die belangrikste kenmerke van ons toere die hegte band wat tussen toerlede ontstaan en die vriendskapsbande wat gevolglik gesluit word.

Rigoletto Nuut 2

Toerlede word deur middel van omsendbriewe deurgaans op hoogte gehou van alle reëlings. Ons help met die verkryging van visums en versekering waar nodig. Verder gee ons advies oor geldsake, klere en ander benodigdhede en maak seker dat vertrekreëlings duidelik uiteengesit word.
Daar is geen verskuilde kostes nie en toerlede word vooraf noukeurig ingelig oor alle addisionele bedrae of kostes ten opsigte van opsionele uitstappies.