RYNVAART, SWARTWOUD EN SWITSERLAND

28 April - 10 Mei 2021
 Dié toer neem u na Nederland, Duitsland, Switserland en selfs 'n stukkie van Frankryk.

Opsie 1: Rynvaart, Swartwoud en 2 nagte in Swtserland: 28 April - 10 Mei
(R43 770 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 550)
Opsie 2: Rynvaart, Swartwoud en 9 nagte Switserland: 28 April – 17 Mei
(R62 930 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R9 200)
Opsie 3: Switserland Alleen (9 nagte): 06 - 17 Mei
(R32 950 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R7 620)
(vir meer besonderhede oor hierdie opsie sien Switserland onder Toere)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal.
 
U sien ook die onvergelykbare blommeprag van Keukenhof, ervaar die bootvaart op die Ryn, oornag in die Swartwoud en bly twee (Opsie 1) of nege (opsie 2 & 3) nagte in die Switserse Alpedorpie Beatenberg. Dis 'n droomtoer wat jou binne twee weke na van die mooiste plekke in Europa neem.
Dis 'n rustige toer en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer. Drie watertand etes per dag op die boot en twee etes per dag in die hotelle is by die toerprys ingesluit!Behalwe verskeie hoogtepunte, soos die besoek aan Keukenhof – die wêreld se grootste blomtuin – is daar gedurende die toer genoeg vrye tyd om die plekke wat ons besoek self te verken.
Besoeke aan Volendam, Keulen met sy indrukwekkende katedraal, die lewendige stadjie Rüdesheim, pragtige Strasbourg, 'n voldag in die Franse platteland, twee nagte in die hartjie van die Swartwoud en twee of nege nagte in Switserland is by die toerprys ingesluit. Dit is moontlik om opsionele uitstappies, soos 'n besoek aan Heidelberg, vanaf die boot te onderneem.
In Switserland gaan die groep tuis in 'n pragtige hotel in die Bernese Hoogland. Die hotel bied 'n ongelooflike uitsig oor die Thunmeer en op Switserland se drie bergreuse: die Jungfrau,   die Mönch en die Eiger. 
Switserland bied sy eie bekoring met onder meer sneeubedekte berge, reusagtige gletsers, pragtige watervalle en die allermooiste bergdorpies. Indien die weer dit toelaat, onderneem die groep opsionele dagtoere vanaf ons hotel na van die mooiste dele in Switserland.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is ons prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word.
Ons vertrou dat Ryntoer 2021 weer 'n treffer sal wees!
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Toerprogram
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm) 
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings  
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie
Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.