ITALIË

Italië is die Europese land met die meeste Unesco-wêrelderfenisgebiede en in vele opsigte die bakermat van die Westerse beskawing.
ITALIË 2021
04 – 23 September (R76 830 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R9 590)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal
Italië is die Europese land met die meeste Unesco-wêrelderfenisgebiede en in vele opsigte die bakermat van die Westerse beskawing. Geen wonder dat dit een van die gewildste toeriste-bestemmings ter wêreld is nie!
Ons stuur graag hiermee vir u inligting oor 2021 se toer deur Italië. Die toer sluit 'n besoek aan die pragtige meredistrik van Noord-Italië in.
Die toerprogram is met sorg uitgewerk om hoogtepunte van ons vorige toere in te werk. Dit sluit pragtige stede soos Rome, Florence en Venesië; die onbeskryflike skoonheid van die Italiaanse Riviera en platteland; en Italië se pragtige Amalfi-roete in.
Ervare toerleiers vergesel die groep en ons reis per luukse bus. Verblyf in drie- en vierster-hotelle met volledige ontbyt en aandete is by die toerprys ingesluit. Daar is geen verskuilde kostes nie – die meeste uitstappies en/of toegangsgeld is uit die staanspoor by die prys ingewerk. Opsionele toere word telkens duidelik as sulks op die toerprogram aangedui. Ons skakel agente as tussengangers uit en kontak regstreeks die relevante hotelle, busbestuurders en ander diensverskaffers in Europa.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere en dit is vir ons van kardinale belang dat toerlede ons toere ten volle geniet. Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word.
Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart betaal word.
BELANGRIK: Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar. Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word. Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings
EFT: | |
Bank: |
Standard Bank
|
Rekening: | Cheque/Transmission |
Rekeningnaam: | Christine van Wyk-Toere |
Takkode: | 051001 |
Rekeningnommer: | 410722782 |