TSJEGGIESE REPUBLIEK

02 - 11 September 2021
  Besoek oa die pragtige hoofstad van Tsjeggië – Praag.

TSJEGGIESE REPUBLIEK 2021
02 – 11 September (R37 250 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R8 450)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal

Hierdie toer is spesiaal uitgewerk om ons 'n intieme blik in die kultuur en geskiedenis van Tsjeggië te gee.  Die toerprogram begin in Praag, die pragtige en waardige hoofstad van Tsjeggië.  Praag se Ou Stad het o.a. interessante historiese geboue en 'n kolossale Johannes Huss-monument ter ere van hierdie Hervormer wat op die brandstapel gesterf het.
Praag se pragtige kasteelkompleks met die Sint Vitus-kerk en ander antieke geboue wat op 'n heuwel bokant die stad uittroon, is beslis 'n uitstappie werd.
Vanaf Praag besoek ons verskeie historiese dorpe wat talle Unesco-wêrelderfenisgebiede insluit.   Cesky Krumlov, waarvan die hele dorp 'n kasteelkompleks is, tel onder een van dié gebiede.
Die toerprogram dek van die mooiste dele in Europa.  Ervare toerleiers en 'n plaaslike gids vergesel die groep.  Ons reis per luukse bus en gaan tuis in goeie hotelle.  Volledige ontbyte en aandetes by hotelle of plaaslike restaurante is daagliks by die program ingesluit. 
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere, en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet. 

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings 
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.