MAURITIUS

20 - 27 April 2021
Dit is 'n weeklange toer van luilekker ontspanning op hierdie idilliese eiland in die Indiese Oseaan

MAURITIUS 2021
20 – 27 April (R23 690 plus *verpligte uitgawes van ongeveer R5 700)
*Sien Nadere Besonderhede vir verpligte uitgawes.
Koste van Schengenvisum en Reisversekering word volgens eie behoefte bepaal

LET WEL: Hierdie toer is uitgestel na 2022 weens die voordurende onsekerheid rondom die Covid-19 pandemie 

Die hotel waar ons tuisgaan, maak slegs vir volwassenes voorsiening en hierdie toer leen dit dus nie vir minderjariges nie.
Mauritius is 'n vulkaniese eiland met die pragtigste lagunes en strande met hoë palmbome. Koraalriwwe dek feitlik die hele kuslyn.  Met sulke natuurskoon is dit geen wonder nie dat toerisme een van die belangrikste bedrywe op die eiland is.
Vir duisende Suid-Afrikaners is hierdie eiland 'n gewilde wegbreekvakansieplek, waarskynlik ook omdat dit redelik naby Suid-Afrika is.  Die vlug daarheen vanaf Johannesburg duur slegs sowat vier ure.
Mauritius is bekend as 'n stabiele land met rasseharmonie tussen die gemengde bevolking van sowat 1.2 miljoen inwoners.  Engels is die amptelike taal.
Op die eiland word handgemaakte produkte verkoop.  Die klere is besonder stylvol en baie gewild onder toeriste en word ook uitgevoer.  Die plaaslike markte is 'n groot trekpleister vir toeriste wat inkopies wil doen of aandenkings wil koop.
Hierdie toer duur van 20 tot 27 April en sluit retoervliegkaartjies vanaf Johannesburg, uitstekende verblyf in 'n goeie hotel, drie etes per dag en twee daguitstappies na verskillende dele van die eiland in.  Daar is volop geleentheid om te ontspan en die pragtige natuur en strande van die eiland te geniet.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere, en dit is vir ons van die uiterste belang dat toerlede ons toere ten volle geniet. 

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting:
Volledige Program
Nadere Besonderhede
Inskrywingsvorm
Vrywaring
BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word.  Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT)
Sien EFT hieronder
Kredietkaartbetalings
Deposito's en landreëlings kan per kredietkaart te betaal word.
BELANGRIK:  Bankdiensfooi van 4% is betaalbaar.  Hierdie bedrag moet bereken en ekstra met alle betalings gemaak word.  Aangesien dit die toerprys onnodig duurder maak, beveel ons dit nie aan nie. Klik op die 'Pay Now'-skakel onder vir kredietkaartbetalings. 

EFT:  
Bank:
Standard Bank
Rekening: Cheque/Transmission
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 410722782

 

Kredietkaartbetaling:

*Bereken 4% bankdiensfooi ekstra en voeg by kredietkaartbetalings

* Price

Christine van Wyk-Toere
 
 
CHRISTINE VAN WYK-TOERE is 'n familie-onderneming wat baie waarde heg aan hoëkwaliteit-diens. Met amper 40 jaar se ervaring in díe veld, het Christine se Toere vir die Fynproewer al 'n huishoudelike naam geword by elke Suid-Afrikaner wat in buitelandse gehaltetoere belangstel.