RYNVAART EN/OF SWITSERLAND

05-15/20 April of 23 April - 03/08 Mei 2026
  Ons bied in 2026 twee bootvaarte op die Ryn aan.

RYNVAART, SWARTWOUD EN/OF SWITSERLAND 2026

Daarmee word 'n roemryke nalatenskap afgesluit waartydens duisende Suid-Afrikanders vir meer as 40 jaar saam met ons na talle wêrelddele gereis het.
Ons het besluit om "Toere vir die Fynproewer" met twee Rynvaarte af te sluit aangesien ons 45 jaar gelede met 'n Rynvaart begin het.

Beide toere is volbespreek. Indien u belangstel, stuur vir ons 'n e-pos na info@toere.co.za en ons sal probeer om ekstra plek op die boot en hotelle aan te vra.

Beide toere bied twee opsies vir 2026:

TOER I:

Opsie 1: RYNVAART EN SWARTWOUD I: 05 – 15 April 2026 Volbespreek
Prys: R61 500 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 000 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
Opsie 2: RYNVAART, SWARTWOUD EN SWITSERLAND I: 05 – 20 April 2026
Prys: R82 300 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 670 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).

TOER II:

Opsie 1: RYNVAART EN SWARTWOUD II: 23 April – 03 Mei 2026 Volbespreek
Prys: R63 450 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R7 740 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
Opsie 2: RYNVAART, SWARTWOUD EN SWITSERLAND II: 23 April – 08 Mei 2026
Prys: R83 970 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 400 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).

Die toerprogramme is presies dieselfde. Die eerste toer vetrek op 05 April en die tweede op 23 April. Die tweede toer val meer in die hoogseisoen en is gevolglik duurder as die vaart vroeg in April. Dit is rustige toere en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer. Drie watertand etes per dag op die boot is by die toerprys ingesluit!
Behalwe verskeie hoogtepunte, soos die besoek aan Keukenhof – die wêreld se grootste lentetuin – is daar gedurende die toer genoeg vrye tyd om plekke self te verken.
Besoeke aan die Zaanse Schans, Amsterdam, Keulen met sy indrukwekkende katedraal, Heidelberg, Rüdesheim, Strasbourg, 'n besoek aan die Franse platteland en twee nagte verbyf in die Swartwoud is by die toerprys ingesluit.
Ons boot vaar op die sogenaamde Kasteelroete van die Ryn – 'n Unesco-wêrelderfenisgebied met talle kastele wat die glorie van weleer in herinnering roep. Beide Ryntoere kan verleng word met 'n besoek van vyf nagte aan Switserland. In Switserland gaan die groep tuis in die Bernese Hoogland. Die hotel bied 'n ongelooflike uitsig oor die Thun-meer en op Switserland se drie bergreuse: die Jungfrau, Mönch en Eiger.
Switserland bied sy eie bekoring met onder meer sneeubedekte berge, reusagtige gletsers, pragtige watervalle en die allermooiste bergdorpies. Vanaf ons hotel onderneem die groep opsionele dagtoere na van Switserland se mooiste dele.
Ons is besonder gesteld op die gehalte van ons toere. Deeglike beplanning, hoogstaande kwaliteit en toere wat absolute waarde vir geld waarborg, is prioriteit.
Aangesien ons nie baie wyd adverteer nie en die meeste toerlede gewoonlik op aanbeveling van vorige toerlede gewerf word, is ons groepe redelik homogeen. Daarom is een van die groot kenmerke van ons toere die hegte vriendskapsbande wat onderling gesmee word.
Ons nooi u vriendelik uit om een van ons laaste twee Ryntoere mee te maak – 'n geleentheid om nie te mis nie!

Klik op die volgende dokumente vir volledige inligting: 
Toer I
Volledige Toerprogram Ryn, Swartwoud, Switserland I
Nadere Besonderhede I
Inskrywingsvorm
Vrywaring
Toer II
Volledige Toerprogram Ryn, Swartwoud, Switserland II
Nadere Besonderhede II
Inskrywingsvorm
Vrywaring

BETALINGS
Toerdeposito's is met inskrywing betaalbaar (Sien Nadere besonderhede en inskrywingsvorm)
Alle betalings (behalwe deposito's) word eers gemaak wanneer u per omsendbrief daaroor ingelig word.
Kontantinbetalings
Kontantinbetalingskoste moet by inbetalings ingesluit word. Vra u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1.5% van die inbetalingsbedrag)
Bankdeposito's en elektroniese oorplasings (EFT):
Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: Christine van Wyk-Toere
Rekeningnommer: 410 722 782
Takkode: 051 001
Kredietkaartbetalings
Kredietkaartbetalings is nie meer beskikbaar nie aangesien die bankkoste van 5% die toerprys onnodig duurder maak, daarom beveel ons dit nie aan nie.

Christine van Wyk-Toere
 
 
Oor die jare heen het duisende Suid-Afrikaners saam met Christine van Wyk-Toere die wêreld deurkruis. Die saam beleef van die mooiste plekke op aarde, die gesamentlike stil word van verwondering, die "Kenmekare" en die skaterlag-geleenthede het ons op 'n besondere manier verbind en ons sal dit altyd koester. Ons het vreemde plekke leer ken en met die kosbaarste herinnerings en foto's, vir later se kyk en weer beleef, teruggekeer huis toe. Boonop het ons so saam op toer, tydens die bymekaarmaak van 'n ryke verskeidenheid van ervarings, permanente vriende gemaak na wie ons steeds verwys as Christine van Wyk se uitgebreide familie.
Christine van Wyk-Toere sluit af met twee Ryntoere in 2026 en beplan geen verdere toere in die toekoms nie.