Opsomming toere 2026

2026
 Toerspyskaart

Toere 2026:

RYNVAART, SWARTWOUD EN SWITSERLAND Klik op die toernaam vir volledige inligting.
Christine van Wyk-Toere bied in 2026 twee bootvaarte op die Ryn aan. Daarmee word 'n roemryke nalatenskap afgesluit waartydens duisende Suid-Afrikanders vir meer as 40 jaar saam met ons na talle wêrelddele gereis het.
Ons het besluit om "Toere vir die Fynproewer" met twee Rynvaarte af te sluit aangesien ons 45 jaar gelede met 'n Rynvaart begin het.
Beide toere bied twee opsies vir 2026:

Ons sluit af met hierdie twee Ryntoere en beplan geen verdere toere vir die toekoms nie.

TOER I:
Opsie 1: RYNVAART EN SWARTWOUD I: 05 – 15 April 2026
Prys: R61 500 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 000 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
Opsie 2: RYNVAART, SWARTWOUD EN SWITSERLAND I: 05 – 20 April 2026
Prys: R82 300 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 670 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).

TOER II:
Opsie 1: RYNVAART EN SWARTWOUD II: 23 April – 03 Mei 2026
Prys: R63 450 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R7 740 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
Opsie 2: RYNVAART, SWARTWOUD EN SWITSERLAND II: 23 April – 08 Mei 2026
Prys: R83 970 per persoon plus lughawebelasting en fooitjies van ongeveer R8 400 en koste van visum en reisversekering, wat volgens eie behoefte bepaal word (sien NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE in die Nadere Besonderhede).
Die toerprogramme is presies dieselfde. Die eerste toer vetrek op 05 April en die tweede op 23 April. Die tweede toer val meer in die hoogseisoen en is gevolglik duurder as die vaart vroeg in April. Dit is rustige toere en bied 'n kombinasie van natuurskoon, indrukwekkende ou stede en idilliese klein dorpies, sommige waarvan uit die Romeinse tyd dateer. Drie watertand etes per dag op die boot is by die toerprys ingesluit!

Weskus-blommetoer en Cederberg:

Ons doen beslis weer 'n Blomtoer/Weskus/Cederberg-toer vanaf 26 Augustus tot 3 September 2026
Verskeidenheid blomme, Cederberg met rotsformasies, Wupperthal, rieldanse en Weskus met vele hoogtepunte.

Christine van Wyk-Toere
 
 
Oor die jare heen het duisende Suid-Afrikaners saam met Christine van Wyk-Toere die wêreld deurkruis. Die saam beleef van die mooiste plekke op aarde, die gesamentlike stil word van verwondering, die "Kenmekare" en die skaterlag-geleenthede het ons op 'n besondere manier verbind en ons sal dit altyd koester. Ons het vreemde plekke leer ken en met die kosbaarste herinnerings en foto's, vir later se kyk en weer beleef, teruggekeer huis toe. Boonop het ons so saam op toer, tydens die bymekaarmaak van 'n ryke verskeidenheid van ervarings, permanente vriende gemaak na wie ons steeds verwys as Christine van Wyk se uitgebreide familie.
Christine van Wyk-Toere sluit af met twee Ryntoere in 2026 en beplan geen verdere toere in die toekoms nie.