Nederland, Rynvaart, Swartwoud & Switserland 2027

30 April - 15 Mei 2027

Besprekings oop

Reis saam op ’n besonderse lentetoer wat Nederland se kleurvolle blomprag, die romantiek van die Ryn, die karakter van die Swartwoud en die asemrowende natuurskoon van Switserland saambring.

Prys: R78 900 · Deposito: R10 000

Europa in volle lentebloei

Reis saam op ’n besonderse lentetoer wat Nederland se kleurvolle blomprag, die romantiek van die Ryn, die karakter van die Swartwoud en die asemrowende natuurskoon van Switserland saambring.

Ons reis begin in Nederland, waar ons die windmeulens en tradisionele houthuise van Zaanse Schans besoek voordat ons twee nagte in die hartjie van Amsterdam deurbring. Daar is tyd om die stad se bekende kanale, museums en gesellige straatjies te verken, waarna ons die idilliese waterdorpie Giethoorn besoek. Keukenhof se miljoene tulpe en lenteblomme, asook die rustige Kaageiland, voltooi ons Nederlandse ervaring.

Die hart van die toer is ’n sesnagvaart aan boord van die MS France. Vanuit ons drywende hotel besoek ons historiese stede soos Nijmegen en Keulen en vaar ons deur die romantiese Middelrynvallei, waar wingerdbedekte hange, sprokieskastele en die legendariese Lorelei-rots langs die rivier verrys. Ons reis neem ons verder na Rüdesheim en Mannheim, met die geleentheid vir ’n uitstappie na Heidelberg.

Ná die vaart ontskeep ons in Strasbourg en reis deur die karaktervolle Franse Alsace-streek en sy bekende wynroete. Daarna verken ons die Swartwoud, met besoeke aan Triberg en die skilderagtige Titisee.

Die laaste deel van die toer bring vyf onvergeetlike nagte in Beatenberg, Switserland, met uitsigte oor die Thunmeer en die Jungfrau, Eiger en Mönch. Vanaf hier kan toerlede verskeie opsionele daguitstappies onderneem na van Switserland se mooiste plekke, waaronder die Jungfrau, Schilthorn, Trummelbach-valle, Thun, Interlaken en die Aareschlucht. Onderweg na Beatenberg besoek ons ook die indrukwekkende Rynvalle en Luzern.

Toerhoogtepunte

  • Twee nagte in die hartjie van Amsterdam
  • Zaanse Schans en die idilliese Giethoorn
  • Keukenhof se miljoene tulpe en lenteblomme
  • ’n Besoek aan die rustige Kaageiland
  • Ses nagte aan boord van die MS France
  • Nijmegen en Keulen se historiese stadsentrums
  • Die kastele en Lorelei-rots van die romantiese Ryn
  • Rüdesheim, Mannheim en ’n opsionele besoek aan Heidelberg
  • Strasbourg en die Alsace-wynroete
  • Triberg, Titisee en die natuurskoon van die Swartwoud
  • Die indrukwekkende Rynvalle en Luzern
  • Vyf nagte in Beatenberg in die Switserse Alpe
  • Opsionele uitstappies na onder meer Jungfrau, Schilthorn, Thun en Aareschlucht
  • Persoonlike begeleiding deur Christine van Wyk Toere se Afrikaanssprekende toerleiers

Verblyf

  • 2 nagte in Amsterdam
  • 6 nagte aan boord van die MS France
  • 1 nag in Freiburg, tussen die Alsace en Swartwoud
  • 1 nag in die Swartwoud
  • 5 nagte in Beatenberg, Switserland

Wil u meer weet?

Laai die volledige toerinligting af vir die dag-tot-dag program, besonderhede oor verblyf en maaltye, die opsionele dagtoere in Switserland, wat by die toerprys ingesluit is en alle belangrike besprekingsinligting.

Kom beleef Europa in volle lentebloei — van Nederland se tulpe tot die Switserse Alpe.

Vir meer inligting, kontak gerus vir:

Mareli Louw of Riëtte Eggink
Selfoonnommer: ‭+27 (76) 847-8069
Epos: info@toere.co.za

giethoorn nederland toerZaanse Schans Nederland toerSwartwoud Duitsland Toer