Rhônevaart, België & André Rieu 2027
6 - 18 Julie 2027
Opsies beskikbaar

Ontdek ons Rhônevaart deur Frankryk, België se bekoorlike stede en André Rieu in Maastricht. Kies die volledige reis of bespreek slegs een van die twee toere.
Prys: R78 000 · Deposito: R10 000
Van die Rhône tot die Vrijthof
Rhônevaart (Frankryk), België & André Rieu | 6–18 Julie 2027
Van Provence se geurige laventelvelde en die rustige ritme van die Rhône tot België se romantiese kanale en André Rieu se musiek op die Vrijthof – hierdie reis bring van Europa se mooiste belewenisse bymekaar.
Ons begin in Parys en reis na Lyon, waar die MS Rhône Princess vir ses nagte ons drywende tuiste word. Langs die Rhône en Saône ontdek ons die geskiedenis, kuns en gastronomie van Frankryk: die Middeleeuse straatjies van Viviers, Van Gogh se Arles, die laventelvelde van Provence en ’n besondere fynproewerservaring by Paul Bocuse se Abbaye de Collonges.
Ná die vaart reis ons deur die Boergondië-wynstreek na Giverny, waar Claude Monet se beroemde huis en tuine wag. Dan verruil ons Frankryk vir België se bekoorlike stede – Brussel, Gent en Brugge – met hul historiese pleine, kronkelende straatjies en onweerstaanbare lekkernye.
Die reis bereik sy hoogtepunt in Maastricht, waar André Rieu en sy Johann Strauss-orkes die Vrijthof in ’n feestelike opelugkonsert omskep. Met eersterangse sitplekke is dit ’n aand om lank te onthou.
Een reis. Drie moontlikhede.
Die volledige reis kombineer Frankryk se besondere leefwyse met België se bekoring en ’n onvergeetlike musiekaand in Nederland. Reisigers kan egter ook kies om slegs een van die twee gedeeltes mee te maak.
Opsie A — Rhônevaart (Frankryk)
6–14 Julie 2027 | Vanaf R53 300 per persoon wat deel
Nege dae waarin die Franse leefkuns die botoon voer. Geniet een nag in Parys, ses nagte aan boord van die MS Rhône Princess, ontdek Provence se laventelvelde, beleef Lyon se gastronomie en sluit af met ’n besoek aan Claude Monet se huis en tuine in Giverny.
Opsie B — België & André Rieu
14–18 Julie 2027 | Vanaf R25 900 per persoon wat deel
Vyf dae vol Europese bekoring. Verken Brussel, Gent en Brugge, geniet die geure en lekkernye van België en beleef André Rieu op die Vrijthof in sy tuisstad, Maastricht – met eersterangse konsertkaartjies ingesluit.
Opsie C — Die volledige reis
6–18 Julie 2027 | Vanaf R78 000 per persoon wat deel
Dertien dae, drie lande en ’n besondere versameling ervarings. Van ’n rivierbootvaart deur Frankryk en Monet se tuine tot Brugge se kanale en André Rieu se musiek – die volledige Fynproewerservaring.
Vir meer inligting, kontak gerus vir:
Riëtte Eggink of Mareli Louw
Selfoonnommer: +27 (0)79 640 8750
Epos: info@toere.co.za







